Inleiding

Die doel met hierdie webwerf is om die insig te bevorder dat die verbond van God met sy volk ‘n kardinale rol in die Bybel en in die lewe van Christene vervul. Die volgende artikels is nou op die webwerf beskikbaar:

Die skrywer van die artikels is Dr Gerard Schuring (gkschuring@gmail.com), voorheen lektor in Afrikatale by die Universiteit van Pretoria en later hoofnavorsingspesialis in taalsake by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.   Die webwerf is ontwikkel deur Dirk Schuring (seun) en Ria Schuring (vrou).  Sy was altyd die eerste opbouende kritikus op die inhoud van die artikels.

Die prentjies by die artikels kom hoofsaaklik uit Wikipedia en Wikimedia.  Die afbeelding hierbo met die leeshandjie of ‘jad’ is ‘n snit uit ‘n foto in ‘Yad’ in Wikipedia: “A jad resting on an open Torah roll (exhibits in Big Synagogue Museum, Wlodawa – Poland).”

Die bladsynommers by elke artikel korrespondeer met die hoof-afdelings van die artikel.  Die webwerf is in die openbare domein en lesers kan die artikels na goeddunke gebruik, behalwe die beryming van die lied van Moses op bl 3 in die artikel: ‘Die lied van Moses’ waarvan die kopiereg by die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika berus.

Kommentaar op een of meer van die artikels is baie welkom. Gebruik die e-pos adres hierbo vir private kommentaar of kliek op “kommentaar” in die menu-balk aan die bokant van die bladsy vir openbare kommentaar.

Leeupoort Vakansiedorp by Thabazimbi, Mei 2018