2. ‘N OORSIG OOR DIE LIED
Die lied is ‘n profetiese regsgeding met drie sprekers: (a) Moses as Griffier (Clerk of the Court), (b) ‘n Aanklaer en (c) die Regter. Tussen die inleiding en die slot word twee hofsake bereg: Jahweh vs ongehoorsame Israel en Jahweh vs vyandige nasie. Hierby moet bedink word dat Israel self in ‘n vyandige nasie verander wanneer hulle die verbond verbreek en die bloed van profete vergiet. Die hofprosedure vir die twee sake is dieselfde, maar die inhoud verskil.
-
Inleiding van die Griffier (ellende, verlossing, dankbaarheid; verse 1-3)
-
Eerste hofsaak: Jahweh vs ongehoorsame Israel (verse 4-27)
- Aanklag deur die Aanklaer (verse 4-18)
- Samevatting van die Griffier (ellende, vers 19)
- Uitspraak van die Regter (verse 20-27)
-
Tweede hofsaak: Jahweh vs vyandige nasie (verse 28-42)
- Aanklag deur die Aanklaer (verse 28-33)
- Uitspraak van die Regter (verse 34-35)
- Samevatting van die Griffier (Verlossing; vers 36)
- Uitspraak van die Regter (vervolg; verse 37-42)
-
Slot van die Griffier (Dankbaarheid; vers 43)
Die Aanklaer se twee betoë bestaan elkeen uit drie dele:
- die titulatuur: (a) van die Regter en Israel, (b) van die vyandige nasie
- die weldade van Jahweh: (a) aan sy volk, (b) aan die vyandige nasie
- die misdade van die beskuldigdes: (a) Israel se verbreking van die verbond, en (b) die vyandige nasie se onnatuurlike wreedhede.
Die Regter se uitsprake is in altwee gevalle saamgestel uit:
- ‘n gemotiveerde skuldigbevinding en
- ‘n vonnis: (a) honger, pes en swaard oor Israel, maar ‘n oorblyfsel word bewaar; (b) die swaard oor die vyandige nasie wat sy getroue dienaars van die vyand verlos.
Die Griffier se bydraes handel oor:
- ellende: in die inleiding (vers 1) en as spilpunt van die eerste hofsaak (vers 19)
- verlossing: in die inleiding (vers 2) en as spilpunt van die tweede hofsaak (vers 36)
- dankbaarheid: in die inleiding (vers 3) en in die slot (vers 43)