AFD 2. DIE OPDRAGTE AAN MAN EN VROU IN GEN 1-3
Drie sake is ondersoek: (1) gemeenskaplike opdragte aan man en vrou, (2) man en vrou as ‘n eenheid van hoof en liggaam en (3) verbreking en vernuwing van die verbond.
2.1 Gemeenskaplike opdragte aan man en vrou
God skep hemel en aarde en stel man en vrou aan as sy verteenwoordigers. 1Gen 1:26 Hulle is die ondergeskikte party in die verbond met twee opdragte: (a) julle moet vermeerder en (b) julle moet heers. Man en vrou moet dit saam in ware geregtigheid en heiligheid doen. 2Ef 4:24
Eerstens moet hulle God verteenwoordig deur te vermeerder. Sy mag en heerlikheid blyk uit die veelheid waaroor Hy heers: baie soorte plante, visse, voëls en diere wat moet vermeerder, die ontelbare sterre, 3Gen 15:5; Ps 147:4 en tallose engele. 4Openb 5:11 Hy is die God van baie, Hy is die HERE van die leërskare (groot leërs). 51 Sam 1:3 + 225 x in ISA; vgl Spr 14:28 Daarom moet Adam en Eva vermeerder, kinders kry en opvoed in die tug en vermaning van die Here. 6Ef 6:4; Gen 18:19; Deut 4: 9; 6:4-9; 11:19; Ps 78:3-6 Mal 2:15 vra: Waarom het Hy net een mens gemaak? Omdat Hy ‘n geslag van God gesoek het, ‘n vrome geslag, 7BVA kinders van God deur die saad van die Woord. 81 Petr 1:23 Adam moet ‘n ontelbare skare van gelowiges word. 9Openb 7:9
Tweedens moet man en vrou God verteenwoordig deur saam die aarde te onderwerp en oor die diere te heers, soos deur akkerbou en veeteelt. 10Gen 4:2 Hy sorg vir koring en sy bak die brood. 11Gen 18:6 Hy pas die skape op en sy maak klere uit die wol. 12Spr 31:19, 21, 24 Hierby moet hulle die sewevoudige goedheid van die Skepper uitstraal. Ses keer klink: dit was goed en dan die crescendo: dit was baie goed! Die opdrag is nie roofbou of diere-mishandeling nie. Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed. 13Spr 12:10 Die sabbat, verbondsteken, 14Gen 2:3; Eks 31:13 geld ook vir vee en land. 15Eks 20:10; 23:10-12; Lev 25:3-7
2.2 Man en vrou as ‘n eenheid van hoof en liggaam
Die eenheid tussen man en vrou word in Gen 2 duideliker uitgespel. Opmerklik is dat Adam eerste gemaak en so as hoof geskep is. 161 Tim 2:12-13 God het met Adam sy verbond gesluit terwyl sy vrou nog nie daar was nie. 17Gen 2:15-17 Hy moet vermeerder en die tuin bewerk en bewaak met die lewensboom in die middel.
Adam kan dié take nie alleen behartig nie, hy het ‘n helper nodig. Die Here beveel hom om name te gee aan die diere wat in pare na hom toe kom soos by Noag. So leer hy om oor die diere te heers en ook dat hy nie ‘n helper het wat soortgelyk is aan hom nie. Toe eers skep die Here vir hom sy vrou.
God het die vrou uit die man geneem om ‘n helper vir die man te wees. Meer nog: sy helper is een wat by hom pas, sy is van sy soort. 18Gen 29:14; Rigt 9:2; 2 Sam 5:1 Sy eerste woorde is ‘n huwelikslied:
Sy is nou eindelik | been van my gebeente | en vlees van my vlees |
Sy word mannin genoem | want uit die man | is sy geneem. |
Been van MY gebeente en vlees van MY vlees, beteken dat sy die liggaam van Adam is en hy die hoof. So leer ook Ef 5:28-30. Mans behoort hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. As aangestelde naamgewer, noem hy haar Mannin = Vrou. Haar roeping is om voluit vrou te wees vir haar man – hulle sal een vlees wees. En uit hierdie mooi eenheid word kinders gebore.
Die opdragte om te vermeerder en oor die aarde te heers is aan hulle as ‘n eenheid van hoof en liggaam gegee. Dit is vandag nog so. Die verbond tussen man en vrou 19Mal 2:14 moet geskoei wees op die verbond tussen Christus en sy bruid. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees. Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het (Ef 5:23-25).
2.3 Verbreking en vernuwing van die verbond
Adam en Eva wil soos God wees en tas die middelste boom in die tuin aan, die simbool van God se regterlike bevoegdheid as Stigter van die verbond om te oordeel oor goed en kwaad, oor verbondstrou en verbondsafval. 20van der Waal, 1990:61 Nou dreig: as jy daarvan eet sal jy sterf. Hulle word voor die hof gedaag en verhoor. As hoof behoort Adam die verantwoordelikheid te dra, maar hy pak die skuld so halfweg op die Here en voluit op sy vrou: Die vrou wat U gegee het (!) om by my te wees, SY het my van die boom gegee. 21Gen 3:12 Die tweede Adam het die skuld van sy bruid op Homself geneem.
Die Regter is egter sowel regverdig as barmhartig. Hy vergewe die sonde, maar laat dit nooit ongestraf bly nie. 22Eks 34:7; Nah 1:3 Hulle word gestraf én begenadig, want God handhaaf en vernuwe sy verbond.
Adam en Eva sterf (God is regverdig), maar eers ná die geboorte van hulle kinders (God is barmhartig). Die regspraak in Gen 3:16 is nie net straf nie. Met veel groter smart en moeite kinders kry is erg en swaar, maar dit beteken ook dat God die opdrag om te vermeerder handhaaf en dat die perspektief op die Saad wat die slang se kop sal vermorsel bly voortbestaan. Adam gee uit geloof in die belofte reeds vóór die geboorte van hulle kinders nog ‘n naam: Eva, die moeder van alles wat lewe. Sy sterf nie kinderloos nie. Die Here van die leërskare soek ook ná die val ‘n gehoorsame, gelowige geslag van God. In die “oordeel” oor die vrou is daar ook genade en verlossing. 23Schilder, 1949: 292; van der Waal, 1971:14-15
Beteken na jou man sal jou begeerte wees en hy sal oor jou heers dat God elke vrou uitlewer aan alle mans wat haar na willekeur kan hiet en gebied? Dit gaan oor “jou man” wat oor “jou” heers in die enkelvoud. Elke man moet sy “eie” vrou en elke vrou haar “eie” man hê. 241 Kor 7:2; Ef 5:28, 33 “Heers” is negatief in Neh 9:37, maar positief in 2 Sam 23:3-5: ‘n Heerser oor mense, ‘n regverdige, ‘n heerser in die vrees van God, is soos die môrelig by sonsopgang, ‘n môre sonder wolke as deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die aarde spruit. Maak die “heers” in Gen 3:16 los van die amp om die goeie Skepper te verteenwoordig, los van die geloof in Christus wat vir sy bruid gesterf het, dan sny ons die man se hoofskap af van die goeie Herder 251 Kor 11:3; Joh 10:11 en is die basis geskep vir die outonome mens wat doen wat hy wil, wat kan maak en breek soos hy lus voel.
Die slang het die rolle tussen man en vrou omgeruil deur met Adam se verskalf te ploeg. 26Rigt 14:18 Sy het die leiding geneem en Adam het gevolg. In Jes 3:12 is die heers van vroue en kinders ‘n dwaalweg. Maar die Regter herstel die oorspronklike verhouding tussen man en vrou. Hy herstel Adam as hoof. Adam word eerste geroep om in die hof te verskyn: Waar is jy? Hy moet as leier oor die aarde bly heers deur die grond te bewerk. 27Gen 2:5, 15; 3:23 Voor die val moes hy al die tuin bewerk, lema ‘ploeg’ volgens die vertaling in Noord-Sotho en cultivate op Engels. Na die val is sy braakland buite die tuin oortrek met dorings en distels, en kos ploeg, saai en oes baie moeite en sweet. Maar die opdrag duur voort, want die Regter het die verbond hernu met ‘n nuwe belofte.
Adam is die Here se onderkoning. Sy hoofskap as eerste mens is wyer as oor sy koningin en sy huis. Alles waaroor hy aangestel is, is in hom saamgevat. Sy val raak sy vrou, die nageslag in sy heup 28Gen 5:1 ev; 46:26 en die ganse skepping: vervloek is die aarde om jou ontwil! 29Gen 3:17, Rom 8:20
Soos die eerste Adam, so is die laaste Adam Hoof van alles: alle dinge het deur Hom ontstaan, 30Joh 1:3 het alles sy sisteem. 31Kol 1:17 Man en vrou kan net in ware geregtigheid en heiligheid vermeerder en heers deur in die beloofde Saad ingeplant te wees. Die eerste Adam het sonde en dood in die wêreld gebring, die laaste Adam geregtigheid en lewe. 321 Kor 15:45; Rom 5:12, 18
Adam is as hoof en Eva uit sy liggaam as sy helper geskep. Om hoof en helper te wees is verskillende verbondsopdragte. Deur die geloof in die ware geregtigheid en heiligheid van die Saad kan elkeen in sy of haar rol die gemeenskaplike opdragte uitvoer (a) om kinders te kry en op te voed as kinders van God en (b) om goed oor die Here se goeie skepping te heers. |
Voetnote
↑1 | Gen 1:26 |
---|---|
↑2 | Ef 4:24 |
↑3 | Gen 15:5; Ps 147:4 |
↑4 | Openb 5:11 |
↑5 | 1 Sam 1:3 + 225 x in ISA; vgl Spr 14:28 |
↑6 | Ef 6:4; Gen 18:19; Deut 4: 9; 6:4-9; 11:19; Ps 78:3-6 |
↑7 | BVA |
↑8 | 1 Petr 1:23 |
↑9 | Openb 7:9 |
↑10 | Gen 4:2 |
↑11 | Gen 18:6 |
↑12 | Spr 31:19, 21, 24 |
↑13 | Spr 12:10 |
↑14 | Gen 2:3; Eks 31:13 |
↑15 | Eks 20:10; 23:10-12; Lev 25:3-7 |
↑16 | 1 Tim 2:12-13 |
↑17 | Gen 2:15-17 |
↑18 | Gen 29:14; Rigt 9:2; 2 Sam 5:1 |
↑19 | Mal 2:14 |
↑20 | van der Waal, 1990:61 |
↑21 | Gen 3:12 |
↑22 | Eks 34:7; Nah 1:3 |
↑23 | Schilder, 1949: 292; van der Waal, 1971:14-15 |
↑24 | 1 Kor 7:2; Ef 5:28, 33 |
↑25 | 1 Kor 11:3; Joh 10:11 |
↑26 | Rigt 14:18 |
↑27 | Gen 2:5, 15; 3:23 |
↑28 | Gen 5:1 ev; 46:26 |
↑29 | Gen 3:17, Rom 8:20 |
↑30 | Joh 1:3 |
↑31 | Kol 1:17 |
↑32 | 1 Kor 15:45; Rom 5:12, 18 |