AFD 3. DIE OPDRAG AAN MANS OM MANLIK EN STERK TE WEES IN 1 KOR 16:13-14
Waak, staan vas in die geloof, wees manlik, wees sterk. Laat alles by julle in liefde geskied. Paulus spreek die broeders in die gemeente van Korinthe aan. 11 Kor 1:10, 26; 6:5-6
Waak! Adam het geval toe hy nie gewaak het teen valse leer uit eie geledere nie. 2Hand 20:30; 1 Kor 3:3; 5:1; 6:1; 7:1; 8:1 Hy het nie gewaak by die deure van die Wysheid nie. 3Spr 8:34 Die opdrag “Waak!” klink gedurig op in die Nuwe Testament. Die ouderlinge 4Hand 20:17, 31; Openb 3:2-3 en die ander broeders 5Mark 13:37 van die gemeentes in Korinthe, 61 Kor 16:13 Efese, 7Ef 5:14-15 Thessalonika, 81 Thess 5:6 Sardis, 9Openb 3:2-3 en Rome 10Rom 13:11 moet waak en daarom ook die broeders van elke gemeente vandag. Hulle moet op en wakker wees soos wagters wat ‘n kudde skape teen verstrooiing en wilde diere oppas, 11Num 27:17; 1 Kon 22:17 Eseg 34:5-6; Sag 10:2-3; Matt 9:36; 26:31; Joh 10:1-16; Hand 20:28-29 of ‘n huis teen diewe en ‘n skaapkraal teen rowers. 12Matt 24:43; Joh 10:1-3, 8; 1 Thes 5:4-5; Openb 3:3; 16:15
Hulle moet waak teen hulle neiging om aan die slaap te raak, 13Matt 26:41 teen valse christusse en valse profete, 14Matt 24:24 teen wolwe in skaapsklere, selfs uit eie gemeente, 15Matt 7:15; Hand 20:29-30 teen die bose geeste in die lug, 16Ef 6:12, 18 teen die duiwel wat rondgaan soos ‘n brullende leeu. 171 Petr 5:8 As hulle nie waak nie, sal hulle in die skande kom en die toorn van die Huisheer oproep wanneer Hy onverwags verskyn. 18Matt 24:42-44; 25:13; Mark 13:33-37; 1 Thes 5:2-3; Openb 3:2-3; 16:15 Hulle is kinders van die lig, van die dag en nie van die duisternis en die nag wanneer mense slaap en dronk is nie. 191 Thes 5:4-8 Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. 20Ef 5:14
Staan vas in die geloof! Die broeders moet saam, een van siel en een van gees, stry vir die geloof in die Evangelie en hulle nie laat afskrik deur teëstanders nie. 21Filip 1:27-28; 1 Petr 5:9 Die geloof is onder meer alles wat in die artikels van die geloof bely word. Die broeders moet vashou aan die Here, 22Filip 4:1 aan sy Woord en sy beloftes. 232 Thes 2:15; 1 Kor 11:2 Die geloof is die skild waarmee hulle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. 24Ef 6:16
Wees manlik! wees sterk! Die Griekse werkwoord-paar is ‘n vertaling van ‘n Hebreeuse werkwoord-paar 25Ps 27:14 en 31:25 in die Septuagint wat 14 keer 26Deut 3:28; 31:6*, 7, 23; Jos 1:6, 7, 9*, 18; 10:25*; 1Kron 22:13*; 28:20*; 2 Kron 32:7*; Ps 27:14; 31:25 in die Ou Testament voorkom. Die Direkte proefvertaling gee die woordpaar in Ps 27:14 en 31:25 weer met: Wees sterk en hou moed. Die uitdrukking gaan ses keer 27gemerk met * in 61 saam met ‘n verwante woordpaar in die negatief: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en word nie verskrik nie. Een keer is dit uitgebrei tot: Versterk (die slap hande) en maak vas (die struikelende knieë). 28Jes 35:3, vgl Hebr 12:12 Om manlik en sterk te wees is in die betrokke tekste om moed te hou in stryd deur krag te put uit die verbondsbeloftes, te wag op die Here en na sy verbond te luister. Efes 6:10 lui: Vind jou sterkte in die Here en in sy geweldige krag (Direkte proefvertaling).
Laat alles by julle in liefde geskied. Dit verwys terug na die lied van die liefde in 1 Kor 13. Die Bybel vra nie vir boelies en diktators nie. Sonder liefde help al die waak, geloof, manlikheid en krag niks nie. Maar liefde is nie heeldag versuikerde vrede vrede nie, 29Jer 6:14; Eseg 13:10 liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is ‘n gloed van vuur, ‘n vlam van die HERE. 30Hoogl 8:6 God is liefde 311 Joh 4:8 én ‘n verterende vuur. 32Hebr 12:29 Hy maak dood en maak lewend. 33Deut 32:39 Die verbond verkondig vloek en seën. Jesus is die Leeu uit Juda en die Lam wat geslag is. 34Openb 5:5-6 As Herder dra Hy ‘n stok en ‘n staf. 35Ps 23:4 Sy stok is ‘n yster knopkierie waarmee Hy die vyande soos kleipotte verpletter 36Ps 2:9 en sy staf ‘n kromstaf waarmee hy die ooie saggies lei, terwyl Hy die lammers teen sy bors dra. 37Jes 40:11; Eseg 34:23 Die tydgees skei “hawks” en “doves”. Maar Jesus is Koning én Priester, Meester én Dienaar: As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle verplig om mekaar se voete te was. 38Joh 13:14
In sy boek van 2012, Father Hunger, verbind Wilson manlikheid met priesterlike diens:
So masculinity is the glad assumption of sacrificial responsibility … The foundation of all Christ’s authority in the church is the blood that He shed. He took responsibility through sacrificial service, and therefore all authority flowed to Him. He shed His blood as He was assuming responsibility for the sins of all His people; therefore God has highly exalted Him … Christian husbands are explicitly commanded to imitate Christ at just this point (Eph 5:25; bl 43).
Die broeders moet waak teen die satan se aanvalle, standvastig bly in die geloof, manlik en sterk wees in die dag van stryd deur op die verbonds-beloftes te vertrou. Die manlike Kind is Koning én Priester. Hy heers oor én offer sy bloed vir sy bruid. Op dié manier is die man hoof van sy vrou. |
Voetnote
↑1 | 1 Kor 1:10, 26; 6:5-6 |
---|---|
↑2 | Hand 20:30; 1 Kor 3:3; 5:1; 6:1; 7:1; 8:1 |
↑3 | Spr 8:34 |
↑4 | Hand 20:17, 31; Openb 3:2-3 |
↑5 | Mark 13:37 |
↑6 | 1 Kor 16:13 |
↑7 | Ef 5:14-15 |
↑8 | 1 Thess 5:6 |
↑9 | Openb 3:2-3 |
↑10 | Rom 13:11 |
↑11 | Num 27:17; 1 Kon 22:17 Eseg 34:5-6; Sag 10:2-3; Matt 9:36; 26:31; Joh 10:1-16; Hand 20:28-29 |
↑12 | Matt 24:43; Joh 10:1-3, 8; 1 Thes 5:4-5; Openb 3:3; 16:15 |
↑13 | Matt 26:41 |
↑14 | Matt 24:24 |
↑15 | Matt 7:15; Hand 20:29-30 |
↑16 | Ef 6:12, 18 |
↑17 | 1 Petr 5:8 |
↑18 | Matt 24:42-44; 25:13; Mark 13:33-37; 1 Thes 5:2-3; Openb 3:2-3; 16:15 |
↑19 | 1 Thes 5:4-8 |
↑20 | Ef 5:14 |
↑21 | Filip 1:27-28; 1 Petr 5:9 |
↑22 | Filip 4:1 |
↑23 | 2 Thes 2:15; 1 Kor 11:2 |
↑24 | Ef 6:16 |
↑25 | Ps 27:14 en 31:25 in die Septuagint |
↑26 | Deut 3:28; 31:6*, 7, 23; Jos 1:6, 7, 9*, 18; 10:25*; 1Kron 22:13*; 28:20*; 2 Kron 32:7*; Ps 27:14; 31:25 |
↑27 | gemerk met * in 61 |
↑28 | Jes 35:3, vgl Hebr 12:12 |
↑29 | Jer 6:14; Eseg 13:10 |
↑30 | Hoogl 8:6 |
↑31 | 1 Joh 4:8 |
↑32 | Hebr 12:29 |
↑33 | Deut 32:39 |
↑34 | Openb 5:5-6 |
↑35 | Ps 23:4 |
↑36 | Ps 2:9 |
↑37 | Jes 40:11; Eseg 34:23 |
↑38 | Joh 13:14 |