4. DIE GRONDSLAG VAN DIE VERBOND
Omdat die grondslag so belangrik is, word dit hier apart bespreek. Die grondslag is al in die voorbereidende fase aangekondig: Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ‘n God wees (Eks 6:6) en dit is in die bevestigende fase nog ryker uitgespel: julle sal my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. En julle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees (Eks 19:5-6). ‘n Koninkryk van priesters is ‘n volk wat God as hulle Koning dien. Hulle sal die hofdienaars wees van die God wat onder, tussen, in die middel van hulle woon (Eks 29:45). Dit word aan die einde van die uitvoerende fase realiteit: Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul (Eks 40:34) en net so ook by die inwyding van die vaste tempel in Jerusalem (1 Kon 8:10-11). Die HERE van die wolkkolom is nou by, met sy volk, Hy woon onder hulle.
Die oorsprong van die grondslag is God se skepping van die vrugbare manlike en vroulike mens wat die belofte inhou dat hulle ‘n groot nageslag sal hê, ‘n volk sal word (Gen 1:26-28). Na die sondeval word die mens uit die tuin verjaag, maar God hou sy belofte van ‘n nageslag in stand: die Saad van die vrou sal die slang se kop vermorsel (Gen 3:15). Die vrou sal nog steeds kinders kry, al is dit met groot smart en verdriet (Gen 3:16; 4:1, 25) en die man sal nog steeds homself en sy gesin met brood kan versorg, al is dit met sweet en stryd teen dorings en distels (Gen 3:18-19). Die opdrag om te vermeerder word na die sondvloed as ‘n nuwe begin herhaal (Gen 9:1, 7, 19). Aan Abraham, Isak en Jakob belowe die HERE keer op keer dat hulle ‘n groot volk sal word.1Gen 12:2-3; 13:15-16; 17:2-6; 18:18; 22:17-18; 26:4; 28:14; 32:12; 46:3; Eks 32:13; Rom 4:17-18; Hebr 11:12 Aan die belofte dat hulle ‘n groot volk sal word, is die belofte verbind dat die HERE met hulle sal wees, vir Abraham en sy nageslag ‘n God sal wees.2Gen 17:7-8; 26:3, 24; 28:15; 32:9, 12; 46:4 Na Eksodus bly die grondslag dwarsdeur die verbondsgeskiedenis dieselfde en word in allerlei variasies keer op keer in die Skrif herhaal.3Lev 26:12; Deut 7:6; 14:2; 26:17-19; 27:9; 28:9; 29:13-15; 32:9, 21; 1 Sam 12:22; 2 Sam 7:23; 2 Kon 11:17; 1 Kron 17:21-22; 2 Kron 23:16; Ps 33:12; 50:7; 95:7; 100:3; Jes 61:6; Jer 7:23; 11:4; 24:7; 30:22; 31:1, 33; 32:38; Eseg 11:20; 14:11; 34:30; 36:28; 37:23, 27; Hos 1:9-10; 2:22; Joël 2:27; Sag 8:8; 13:9; Rom 9:25-26; Titus 2:14; Hebr 8:10; 1 Petr 2:5, 9-10; Openb 1:6; 20:6; 21:3, 7
Die grondslag weerklink ook in uitdrukkings soos volk van die HERE,4Num 11:29; 16:41; Rigt 5:11; 1 Sam 2:24; 2 Sam 6:21; 2 Kon 9:6; Eseg 36:20 volk van God,5Rigt 20:2; 2 Sam 14:13; Hebr 4:9; 11:25; 1 Petr 2:10 kinders van God,6Eks 4:23; Deut 14:1; Hos 1:10; Matt 5:9; Luk 20:26; Joh 1:12; 11:52; Rom 8:14, 16, 19, 21; 9:8; Gal 3:26; 4:1-7; Fil 2:15; 1 Joh 3:1, 2; 3:10; 5:2 en in die naam Immanuel, God-met-ons (Jes 7:14; 8:8,10).
Die Immanuel-belofte is nog ryker vervul as in Eksodus met die menswording van Jesus Christus. Sy naam is Immanuel, tegelyk God én mens vanaf sy geboorte (Matt 1:23). Hy het tasbaar en sigbaar onder ons gewoon, getabernakel (Joh 1:14). Sy liggaam is die tempel van God: Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek dit oprig (Joh 2:19-22). Na sy hemelvaart het Hy ‘n ander Trooster, die Heilige Gees gestuur om in die gemeente, sy tempel te woon.7 Kor 3:16-17; 2 Kor 6:16-18; Ef 2:19-22 Ons hoor vandag sy stem elke keer wanneer die Evangelie suiwer bedien en ons opgeroep word om as ‘n heilige en uitverkore volk van dienaars te wag op die laaste vervulling wanneer die nuwe Jerusalem op die nuwe aarde sal neerdaal: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God (Openb 21:3).
Aangehaalde literatuur
BVA = Gemser B et al, 1958. Die Bybel met Verklarende Aantekeninge, Deel I – III. Kaapstad. Verenigde Protestantse Uitgewers
Gilbert, Katherine S, e.a., red, 1976. Treasures of Tutankhamun. Metropolitan Museum of Art
Gispen, W H [sonder jaar]. Het boek Exodus. Eerste Deel. Korte Verklaring der Heilige Schrift. Kampen. Kok
Kline M G, 1963. Treaty of the Great King. The Covenant Structure of Deuteronomy. Grand Rapids. Eerdmans
McCarthy D J, 1978. Treaty and Covenant. Rome. Biblical Institute (New edition completely rewritten).
van der Waal C, 1981. Openbaring van Jezus Christus II. Verklaring. Oudkarspel. De Nijverheid.
van der Waal C, 1990. Het verbondsmatig evangelie. Amsterdam. Buijten & Schipperheijn.
Vannoy J R, 1978. Covenant renewal at Gilgal. A study of I Samuel 11.14 – 12.25. Cherry Hill. Mack
van Rongen G, 1966. Zijn vast verbond. Goes. Oosterbaan & Le Cointre.
Voetnote
↑1 | Gen 12:2-3; 13:15-16; 17:2-6; 18:18; 22:17-18; 26:4; 28:14; 32:12; 46:3; Eks 32:13; Rom 4:17-18; Hebr 11:12 |
---|---|
↑2 | Gen 17:7-8; 26:3, 24; 28:15; 32:9, 12; 46:4 |
↑3 | Lev 26:12; Deut 7:6; 14:2; 26:17-19; 27:9; 28:9; 29:13-15; 32:9, 21; 1 Sam 12:22; 2 Sam 7:23; 2 Kon 11:17; 1 Kron 17:21-22; 2 Kron 23:16; Ps 33:12; 50:7; 95:7; 100:3; Jes 61:6; Jer 7:23; 11:4; 24:7; 30:22; 31:1, 33; 32:38; Eseg 11:20; 14:11; 34:30; 36:28; 37:23, 27; Hos 1:9-10; 2:22; Joël 2:27; Sag 8:8; 13:9; Rom 9:25-26; Titus 2:14; Hebr 8:10; 1 Petr 2:5, 9-10; Openb 1:6; 20:6; 21:3, 7 |
↑4 | Num 11:29; 16:41; Rigt 5:11; 1 Sam 2:24; 2 Sam 6:21; 2 Kon 9:6; Eseg 36:20 |
↑5 | Rigt 20:2; 2 Sam 14:13; Hebr 4:9; 11:25; 1 Petr 2:10 |
↑6 | Eks 4:23; Deut 14:1; Hos 1:10; Matt 5:9; Luk 20:26; Joh 1:12; 11:52; Rom 8:14, 16, 19, 21; 9:8; Gal 3:26; 4:1-7; Fil 2:15; 1 Joh 3:1, 2; 3:10; 5:2 |
↑7 | Kor 3:16-17; 2 Kor 6:16-18; Ef 2:19-22 |