5. DIE DIGVORM IN HEBREEUS
Oorhoofse skema
‘n Uitstaande kenmerk van Hebreeuse poësie in die algemeen en van die lied van Moses in die besonder, is dat die poëtiese eenhede korrespondeer met semantiese eenhede vanaf die klemtoon-eenhede tot die gedig as geheel. Elke versreël het twee of soms drie vershelftes wat met mekaar korrespondeer en elke vershelfte twee of meer klemtone wat dikwels met mekaar korrespondeer, byvoorbeeld vers 2:
Dit-drup
dit-stroom
|
soos-die-reën
soos-die-dou
|
my-leer,
spreuke-van^my-mond.
|
3 klemtone
3 klemtone = 6 in versreël
|
Soos-stortbuie
soos-dou
|
op^gras,
op^plante.
|
2 klemtone
2 klemtone = 4 in versreël
|
Onderstaande skema van die semantiese en poëtiese struktuur van die lied gee ‘n indruk van die kunstige opbou van die hele gedig met drie sprekers: Griffier = G (in rooi), Aanklaer = A (in swart) en Regter = R (in groen). Die Afrikaanse strofes van die beryming volg die semantiese en poëtiese struktuur van die lied
Skematiese voorstelling
spreker
+ vers
|
Semantiese struktuur van die lied
|
klemtone
per strofe
|
aantal
v-reëls
|
Afr
strofe
|
INLEIDING | ||||
G 1 | Ellende: Uitvoerende getuies opgeroep. | (6) | mono | 1 |
G 2 | Verlossing: Hofverslag is reën en dou | (6+4) | di | 2 |
G 3 | Dankbaarheid: Eer die Regter! | (7) | mono | 3 |
HOFSAAK 1: Jahweh vs Israel
|
||||
A 4-6 | Titulatuur: goeie Regter en dwase volk | (6+7)+(8+6+6) | di+tri=5 | 4-5 |
A 7-9 | | Weldaad: ewige verkiesing | (6+6)+(6+6+7) | di+tri=5 | 6-7 |
A 10-12 | || Weldaad: sorg en leiding | (6+5)+(5+5+7) | di+tri=5 | 8-9 |
A 13-14 | ||| Weldaad: land en oorvloed | (6+6)+(4+6+5) | di+tri=5 | 10-11 |
A 15-18 | |||| Misdaad: verbreek verbond | (6+6+4)+(7+6+6) | tri+tri=6 | 12-13 |
G 19 | ||||| Ellende: verwerp sy volk (spilpunt) | (6)+ | mono + | 14a |
R 20-21 | |||| Bevind: nie-god : nie-volk | (7+7)+(5+6) | di+di=5 | 14b-15 |
R 22-24 | ||| Vonnis: Honger en Pes | (6+6+5)+(6+5) | tri+di=5 | 16-17 |
R 25 | || Vonnis: Swaard | (4+5)+ | di + | 18 |
R 26-27 | | Versagting: bewaar ‘n oorblyfsel | (5+6+7) | tri = 5 | 19 |
HOFSAAK 2: Jahweh vs wrede nasie
|
||||
A 28-29 | Titulatuur: dwase vyand | (7+6)+ | di+ | 20 |
A 30-31 | Weldaad: aangestel as roede | (7+5+6) | tri = 5 | 21 |
A 32-33 | | Misdaad: onnatuurlik giftig en wreed | (5+5+6)+ | tri + | 22 |
R 34-35 | || Bevinding: dag van wraak is naby! | (5+6+7) | tri = 6 | 23 |
G 36 | ||| Verlossing: bewaar sy volk (spilpunt) | (5+7) | di | 24 |
R 37-39 | || Bevinding: geen gode – God alleen | (6+7+5)+(9+9) | tri+di=5 | 25-26 |
R 40-42 | | Beëdigde vonnis: pyl en swaard | (7+6+5)+(6+6) | tri+di=5 | 27-28 |
SLOT | ||||
G 43 | Dankbaarheid: Jubel oor die versoening | (6+6) | di | 29 |
Digvorm en funksies van die sprekers
Die Griffier het ‘n dienende funksie en kry net mono- en di-strofes. Aan die begin verrig hy drie take: roep die getuies op (ellende; vers 1; mono); verklaar die aard van sy verslag (verlossing; vers 2; di) en kondig die entree van die Regter aan (dankbaarheid; vers 3; mono). Dit korrespondeer met die Griffier se kort samevattings in vers 19 (ellende, spilpunt van eerste hofsaak; mono), vers 36 (verlossing, spilpunt van tweede hofsaak; di) en vers 43 (dankbaarheid, slot van die lied; di).
In die eerste hofsaak praat die Aanklaer lank in vier penta-strofes gevolg deur een afsluitende hexa-strofe: saam 26 versreëls teenoor net 8 versreëls in die tweede hofsaak. Blykbaar praat hy eers lank om die Regter van die skuld van sy geliefde volk te oortuig, maar in die geval van die wrede nasie is sy betoog kort, want die nasie se skuld is reeds duidelik, onder meer uit die Aanklaer se beskrywing van hulle optrede (verse 32-33) en uit die bewysstukke wat die Regter reeds in sy argief gebêre het (vers 34).
Die Regter gebruik kragtige taal in sy twee uitsprake wat ongeveer ewe lank is: 14 versreëls in die eerste hofsaak en 13 versreëls in die tweede hofsaak.
Die Aanklaer sluit sy tweede betoog af met ‘n enkele tri-strofe gevolg deur ‘n tri-strofe van die Regter, saam ‘n hexa-strofe. Dit skep die indruk dat die Regter die Aanklaer onderbreek en hom nie die geleentheid gee om sy tweede betoog ook met ‘n hexa-strofe af te sluit soos in die eerste betoog nie. Hy neem die afsluiting van die Aanklaer se betoog oor. Selfs die Griffier kry nie kans om die Regter met ‘Hy het gesê’ in te lei soos in verse 20 en 37 nie. Die Regter reageer dadelik toe Hy van die ongenadige wreedhede hoor. Die skuld van die vyand is duidelik en die saak is dringend. Spoedige optrede is nodig. Dit knip die Aanklaer kort.
Kleiner en groter strofes
Semanties gesien vorm die kombinasie van ‘n di- en ‘n tri-strofe meesal een duidelik samehangende penta-strofe of ‘n tri- en ‘n tri-strofe een hexa-strofe (op een lyn in die skema hierbo). In ander gevalle is die semantiese eenheid van die penta- of hexa-strofe nie so duidelik nie en verdeel oor twee lyne in die skema, met name verse 19-21, 25-27, 28-31 en 32-35.
Verse 19 tot 21 kan saamgevoeg word in een penta-strofe, want die gemeenskaplike onderwerp is God se verwerping van Israel. Maar hulle kan ook geskei word, want in vers 19 praat die Griffier (mono-strofe) en in verse 20-21 die Regter (tetra-strofe). Altwee perspektiewe is geldig in die gedig.
Verse 25-27 is verdeel in ‘n di-strofe (die swaard van die nasie) en ‘n tri-strofe (die Regter wil sommiges van die swaard red). Hulle vorm saam ‘n eenheid (penta-strofe) want die twee kleiner strofes is deel van die Regter se uitspraak en altwee handel oor die swaard van die vyand.
Verse 28-31 bestaan uit ‘n di-strofe (die negatiewe titulatuur van die nasie) en ‘n tri-strofe (dat Jahweh Israel aan die nasie verkoop het). Die twee kleiner strofes pas bymekaar as onderdele van die Aanklaer se betoog en toon saam aan dat die vyand die feite nie reg interpreteer nie.
Verse 32-35 is saamgestel uit twee tri-strofes: die vyandige nasie is onnatuurlik giftig en wreed volgens die Aanklaer (verse 32-33) en dit roep die wraak van die Regter op (verse 34-35). Hulle hoort bymekaar soos oorsaak en gevolg.
Die westerse denke en digvorme vra meesal vir een perspektief en versreëls en strofes wat ewe lang is (soos in die beryming), maar die Hebreeuse poësie is nie daaraan gebind nie. Dit is onmoontlik om afgesien van die Griffier se mono- en di-strofes, die res van die gedig eenduidig vanuit net die kleiner di- en tri-strofes of net die groter penta- en hexa-strofes te interpreteer. Die lied is ‘n eenheid waarin altwee hierdie poëtiese eenhede funksioneel is.
Konsentriese ordening
Van die strofes in die twee hofsake is konsentries georden. Die sleutel tot die konsentriese struktuur was Nigosian, bl 149-51, se skematiese voorstelling van die verband tussen verse 8-16 en 21-26. Die vraag waarom hy verse 17-20 in sy skema weglaat, het gelei tot die identifikasie van die rolle van die Griffier. Die plekke waar die Griffier in die verslag optree, skakel die wanindruk uit dat die lied onordelik tussen Israel en die vyand heen en weer beweeg en dat die lengte van die strofes willekeurig verander. Poëties en inhoudelik is die hofverslag ‘n wonderskoon komposisie.
Verdeling van versreëls in vershelftes
Die manier waarop die versreëls in vershelftes verdeel is, is in die meeste manuskripte en uitgawes dieselfde, behalwe in verse 7, 11, 14, 24, 25, 39 en 43.
Verse 7, 11 en 25. BHS verdeel die gedig in 70, maar die Aleppo-kodeks (Hama: Aleppo Codex Online) in 67 versreëls. Verse 7, 11 en 25 is in die Aleppo-kodeks elkeen een lang versreël in plaas van twee soos in BHS. Dit verminder die 70 reëls tot tot 67. Die Aleppo-kodeks volg ‘n Jemenitiese tekstradisie met 67 reëls en BHS en ander manuskripte en teksuitgawes volg ander Joodse tekstradisies met 70 reëls (Ofer: 53-54, Nigosian, bl 132).
Vers 14. Die Masorete verdeel sowel vers 14 as vers 39 in vyf vershelftes wat oor 2½ lyne (saam 5 lyne) verdeel is. Dit skep probleme vir die tradisionele twee-kolom-reël (“a space in the middle of each line” Ofer: 53). As oplossing het die Masorete vanaf vers 15 tot 39 al die vershelftes grafies een posisie opgeskuif om lyne met twee vershelftes elk te maak. Maar sulke lyne is nie meer versreëls nie. Die tradisie van twee kolomme is gehandhaaf ten koste van die versreël.
Drie ou bronne voeg in vers 14 ‘n vershelfte by om die 2½ reëls drie reëls te maak: “en Jakob het geëet en was versadig” (Nigosian, bl 49). Die ekstra vershelfte is onnodig. Deur herverdeling word ook drie reëls verkry en beter parallelle semantiese verhoudings (2 x suiwelprodukte, 2 x veestapel en 2 x landbouprodukte):
Die verdeling van Deut 32:14 in BHS
|
||
botter-van beeskudde en-melk-van kleinvee
en-skaapramme seuns-van^Basan en-bokramme
en-bloed-van^druiwe jy-drink goeie-wyn
|
met^vet-van slagskape
met^vet-van niere-van koring
[en-Jakob het-geëet en-was-versadig]
|
4+2
3+3
3+3
|
‘n Herverdeling van Deut 32:14 | ||
botter-van beeskudde
met^vet-van slagskape en skaapramme
met^vet-van niere-van koring
|
en-melk-van kleinvee (suiwel)
seuns-van Basan en-bokramme (vee)
en-bloed-van^druiwe jy-drink goeie-wyn (landbou)
|
2+2
3+3
3+3
|
Die kort reël met 2+2 klemtone in die herverdeling is nie vreemd nie. Sulke kort reëls kom ook in verse 2, 16 en 25 voor. Boonop is ‘slagskape’ en ‘skaapramme’ in die Aleppo-kodeks in een vershelfte gekombineer. In die herverdeling is seuns-van^Basan met een klemtoon verdeel in seuns-van Basan met twee klemtone om ‘n gebalanseerde versreël met 3+3 klemtone te kry..
Die verdeling van Deut 32:39 in BHS | |
Kyk nou! dat dit Ek, ja-Ek-is
en-daar-is-nie gode by-My.
Ek, ja-Ek-maak-dood en-Ek-maak-lewend
Ek-het-verbrysel en-Ek, ja-Ek-genees
en-daar-is-nie uit-my-hand hy-wat-red
|
6 klemtone
3 klemtone (= 9 klemtone in reël)
3 klemtone
3 klemtone
3 klemtone (= 9 klemtone in reël)
|
Vers 24 is een versreël met drie vershelftes in BHS, maar in die Aleppo-kodeks een reël met twee vershelftes (24a-b, 24c). Die Masorete durf die tradisie van twee kolomme nie loslaat in die reëls met drie vershelftes nie (verse 24 en 39). Die Leningradensis het ook twee kolomme, maar het die gedig in 37 lyne ingedruk sonder om enigsins die poëtiese struktuur in ag te neem (sien Slaveofone: Leningrad Codex Facsimile Online). Aäron ben Aser gee in die Aleppo-kodeks ‘n baie beter verdeling deur die lied oor 67 (ander 70) lyne te versprei.
Vers 43. In plaas van twee het ‘n Qumraan-dokument (IVQ) drie en LXX vier versreëls in vers 43. Nigosian, bl 61, aanvaar LXX se lesing met vier reëls, omdat daar vier reëls in die inleiding is. Vir die beryming is die Masoretiese lesing met twee versreëls gevolg omdat nie net die slot nie, maar ook die Griffier se spilpunte (verse 19 en 36) by die begin aansluit.
Die aanhaling in Hebr 1:6 ‘al die engele van God moet hom aanbid’ (προσκυνεω, neerbuig, salaam) kom eerder uit Ps 97:7: ‘al sy engele moet Hom aanbid’ (προσκυνεω, LXX), as uit een van die ekstra reëls van LXX in Deut 32:43: ‘al die engele van God moet Hom versterk (ενισχυω, vgl Luk 22:43, Hand 9:19).
70 versreëls
Sewe is ‘n getal wat met baie sake verbind kan word, soos die sewe dae van die week, of die sewe-armige kandelaar, of hemel (drie-ledig) en aarde (vier hoeke of windrigtings) wat saam na die verbond tussen hemel en aarde, God en sy volk verwys, of met verbondsluiting want die woorde vir ‘sewe’ en ‘sweer’ het dieselfde wortel (שׁבע, Gen 21:28-31).
Joodse tradisies verbind die 70 reëls met die ‘seuns van Israel’ in vers agt en met die 70 mense van Jakob wat na Egipte getrek het (Gen 46:27). Sommiges lees saam met die Septuagint en ‘n paar ander ou vertalings ‘engele/seuns van God’ in vers 8 en verbind dit met die (aangepaste) lys van 70 volke in Gen 10 wat elkeen sy eie engel sou gehad het (Nigosian, bl 132).
Die mees voor die handliggende assosiasie is die 70 oudstes wat betrokke was by die verbondsluiting op Horeb (Eks 24:1, 9-11; vgl Num 11:16-17) en nou weer deur Moses opgeroep is vir die regsaak oor die nakoming van die verbond (vgl Deut 31:28). Omdat die getal 70 nêrens in die teks self genoem word nie, is die getal 70 nie in die beryming verwerk nie.