Die verbondsopdragte aan man en vrou

AFD 5.  DIE OPDRAGTE AAN MANS AS OUDERLINGE

Omdat Adam geskep is as hoof van sy vrou, sy huis en die res van die skepping, kan manne geroep word om ouderling te word in die huis van God.  Oudstes/ouderlinge is (1) mans wat saam (2) die gemeente lei, (3) oor regspreek en (4) onderrig gee.

5.1  Oudstes is mans

Oudstes en owerstes is mans.  Israel en Moses moet bekwame manne kies wat God vrees, betrou­bare manne, 1Eks 18:21  wyse, verstandige en ervare manne. 2Deut 1:13   Die grondwoord vir oudste verwys nêrens na vroulike oudstes nie.  Dat hulle manne is, word onderstreep deur זָקָן (zôḳôn) ‘baard’ met dieselfde wortel as in זָקֵן (zôḳeen) ‘oudste’.  In die Nuwe Testament verwys πρεσβυτερος ‘ouderling’ ook nie na vroulike ouderlinge nie.  ‘n Opsiener moet onberispelik wees, die man van een vrou, bekwaam om te onderrig, een wat sy eie huis goed regeer. 31 Tim 3:1-7; Tit 1:5-9   Hier is die verband met Adam as hoof.

Die twaalf stamhoofde is mans. 4Num 1:4; vgl 34:17; 1 Kron 27:16-22  Die twaalf dissipels is mans. 5Luk 6:13-16   Die apostel in die plek van Judas, moet ‘n man wees. 6Hand 1:21-22  Die sewentig oudstes is mans. 7Num 11:16; Eseg 8:1   Die verbondswraak begin by die heiligdom, by die manne, die [70] oudstes, wat voor die huis was. 8Eseg 9:6; 8:11   Jesus het 70 ander (dissipels) in Luk 10 gekies en uitgestuur.  Die ‘ander’ in Luk 10:1 en ‘julle’ in Luk 10:3 is manlik meervoud.

Josua en Jesus is mans.  Moses vra dat die Here ‘n man sal aanstel, ‘n herder vir die skape.  Hy wys Josua aan, 9Num 27:16-18  die voorloper van Jesus (= Josua), die manlike Kind. 10Openb 12:5   Jesus is die manlike Oudste: Hy is die Leermeester en Here, 11Joh 13:13  die Herder en Opsiener van die gemeente, 121 Petr 2:25  die Leidsman, 13Matt 2:6  die Opperherder. 141 Petr 5:4   Die eerste Adam, nie Eva nie, is die voorbeeld van Hom wat sou kom, 15Rom 5:14  die laaste Adam. 161 Kor 15:45  Is dit diskriminasie teen Eva of is dit die goeie leer van God?

Edersheim gee ‘n mooi samevatting van die primêre take van die manlike Joodse oudstes.  In die tyd van die Nuwe Testament was daar in Israel “regular ordination to the office of Rabbi, Elder and Judge for the three functions were combined in one.” 171886, 2:382

5.2 Oudstes is leiers

Oudstes kan met allerlei soorte leiers van die verbondsvolk verbind word: opsigters, skrifgeleerdes, wetgeleerdes, 18vgl Num 11:16a met 11:16b in LXX en met Mark 15:1; Luk 22:66; Hand 6:12; Luk 11:44-46  rabbi’s en leermeesters, 19vgl Matt  23:2 met 23:7-8 en 26:3 met 26:47  regters, 20vgl Deut 21:2 met 21:6  owerstes, 21 vgl Rigt 8:14 met 8:16  stamhoofde, familiehoofde, 22 vgl 1 Kon 8:1 met 8:3  aanvoer­ders, opsieners, 23 vgl Num 31:14; 2 Kon 11:15 met Hand 20:28; 1 Tim 3:1  herders, 24 vgl Jer 23:1-4; Eseg 34 met Hand 20:28; Ef 4:11   heerser, leidsman en voorgangers, 25vgl 2 Kron 9:26; Hab 1:14; Miga 5:1 met  Matt 2:6 en Hebr 13:7, 17  owerstes van die sinagoge, 26 Mark 5:22; Hand 13:15  en apostels. 272 en 3 Joh 1:1; 1 Petr 5:1   Soms word die leiers van priesters 282 Kon 19:2; Jer 19:1  en van engele 29Jes 24:23; Openb 4:4 + 11 x; van der Waal, 1981: 130-31  oudstes genoem.  In die amp van oudste kan daar dus spesialisasie wees.

Moses het in Egipte met die oudstes van die volk gepraat. 30Eks 3:16-18   In die woestyn moes hy 70 oudstes uit die bestaande leiers kies. 31Eks 24:1; Num 11:16   Onder Josua lei oudstes die volk 32Jos 7:6; 8:10; vgl 1 Kron 21:16; Klaagl 2:10; Joël 1:14; 2:16  Oudstes bestuur stede en landstreke in die tyd van die Rigters, 33Rigt 8:14; Rut 4:2; Rigt 11:5-11   en ook so onder Saul, Dawid en Salomo 341 Sam 8:4; 15:30; 30:26-31; 2 Sam 3:17; 5:3; 17:15; 19:11  en ander konings. 351 Kon 20:7; 2 Kon 6:32; 23:1

Toe die volk in ballingskap weggevoer is, het die oudstes die Jode gelei 36Jer 29:1  en na die ballingskap leiding gegee by die herbou van die tempel, 37Esra 5:5; 6:7  en Jerusalem se mure. 38Neh 4:14-21   In die tyd van die Nuwe Testament was oudstes leiers van die sinagoges 39Edersheim 1886, deel 1, bl 438-439; Luk 7:3; 13:14; Hand 13:15  en ingesluit by die Joodse Raad. 40 Matt 26:59; Mark 15:1; Hand 22:5

5.3 Oudstes is regters

In Egipte het die oudstes van Israel reggespreek onderhewig aan Farao se wette. 41Eks 1:11; 2:14; 5:6, 14-16   Na die uittog het die Here deur Moses twaalf stamhoofde aangewys, 42Eks 24:1; Num 11:16  70 oudstes, 43Eks 24:1; Num 11:16  en owerstes oor tien, vyftig, hon­derd en duisend om oor die volk reg te spreek. 44Eks 18:21-26; Deut 1:12-17

Vanaf Josua het oudstes in die stadspoorte reggespreek 45Josua 20:4  soos beveel in Deut 16:18 en 21:1-9.  Oudstes was later gemoeid met die verkiesing en inhuldiging van konings, 461 Sam 8:4-5; 2 Sam 3:17; 5:3; 19:11; 2 Kon 10:5  en verantwoordelik 47Jes 3:14; 9:13-15; Eseg 9:6  vir die lewe van die skape. 48Jer 23:1-4; Eseg 34; vgl Jes 3:14; Jer 26:10; 1 Kon 21:8,11; 2 Kon 10:1, 6, 7; Klaagl 1:19  In Esra 10:8 en 14 het oudstes regspraak gelewer oor vreemde vroue.

Die Joodse Raad 49Luk 22:66  het as regters Jesus in verhoor geneem en veroordeel, ook Stefanus en hom gestenig. 50Hand 6:12 ev   Sinagoges het dié wat in Christus glo uitgeban. 51Joh 9:22, 34-35; 12:42  Christus het die regsbevoegdheid van die sinagoges en die sanhedrin aan die kerkraad gegee: alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees en alles wat julle op aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. 52Matt 18:18; 16:19

no other terms were in more constant use in Rabbinic Canon-Law than those of ‘binding’ and ‘loosing’ … they were wont to say that ‘the Sanhedrin above’ confirmed what ‘the Sanhedrin beneath’ had done (Edersheim, 1886, 2:85).

5.4 Oudstes is leraars

Moses moes by die 70 oudstes ook ‘n aantal opsigters insluit. 53Num 11:16; vgl Deut 1:15; 16:18; 29:10; 31:28; Jos 8:33; 23:2; 24:1  ‘n Opsigter is ‘n leier wat kan lees en skryf, hy is skrifgeleerd. In Grieks is hy ‘n γραμματευς en in Afrikaans ‘n skrifgeleerde.

Die priesters en die oudstes moet die boekrol van Moses voorlees op die huttefees sodat die hele volk sal leer om God te vrees. 54Deut 31:10-13  Esra, die familiehoofde (oudstes), Leviete en priesters het op die huttefees die Wet ondersoek en dadelik toegepas deur loofhutte te bou. 55Neh 8:14-19

Skrifgeleerdes moet uit die skatkamer van die Woord nuwe en ou dinge te voorskyn bring. 56Matt 13:52   Hulle moet die Skrifte ondersoek, verklaar en toepas. Predikante is ouderlinge wat voltyds arbei in Woord en leer. 571 Tim 5:17  Die woordpare Leermeester en Heer, 58Joh 13:13  herders en leraars 59Ef 4:11   en om onderrig te gee en te heers, 601 Tim 2:12  (wat Paulus afwys as ‘n taak van vroue in die gemeente) toon dat herders die volk lei met die leer.  As Herder het Jesus die groot menigte baie dinge begin leer. 61Mark 6:34    Die herders moet die kudde beskerm teen die wrede wolwe se valse leer. 62Hand 20:28-31

Die amp van die manlike oudste/ouderling is ‘n uitbreiding van die skeppingsopdrag om hoof van sy huis te wees.  Die ouderlinge moet vergader en saam die gemeente – die huis van God – onderrig en lei en oor regspreek aan die hand van die Woord van God.

Voetnote

Voetnote
1 Eks 18:21
2 Deut 1:13
3 1 Tim 3:1-7; Tit 1:5-9
4 Num 1:4; vgl 34:17; 1 Kron 27:16-22
5 Luk 6:13-16
6 Hand 1:21-22
7 Num 11:16; Eseg 8:1
8 Eseg 9:6; 8:11
9 Num 27:16-18
10 Openb 12:5
11 Joh 13:13
12 1 Petr 2:25
13 Matt 2:6
14 1 Petr 5:4
15 Rom 5:14
16 1 Kor 15:45
17 1886, 2:382
18 vgl Num 11:16a met 11:16b in LXX en met Mark 15:1; Luk 22:66; Hand 6:12; Luk 11:44-46
19 vgl Matt  23:2 met 23:7-8 en 26:3 met 26:47
20 vgl Deut 21:2 met 21:6
21 vgl Rigt 8:14 met 8:16
22 vgl 1 Kon 8:1 met 8:3
23 vgl Num 31:14; 2 Kon 11:15 met Hand 20:28; 1 Tim 3:1
24 vgl Jer 23:1-4; Eseg 34 met Hand 20:28; Ef 4:11 
25 vgl 2 Kron 9:26; Hab 1:14; Miga 5:1 met  Matt 2:6 en Hebr 13:7, 17
26 Mark 5:22; Hand 13:15
27 2 en 3 Joh 1:1; 1 Petr 5:1
28 2 Kon 19:2; Jer 19:1
29 Jes 24:23; Openb 4:4 + 11 x; van der Waal, 1981: 130-31
30 Eks 3:16-18
31 Eks 24:1; Num 11:16
32 Jos 7:6; 8:10; vgl 1 Kron 21:16; Klaagl 2:10; Joël 1:14; 2:16
33 Rigt 8:14; Rut 4:2; Rigt 11:5-11
34 1 Sam 8:4; 15:30; 30:26-31; 2 Sam 3:17; 5:3; 17:15; 19:11
35 1 Kon 20:7; 2 Kon 6:32; 23:1
36 Jer 29:1
37 Esra 5:5; 6:7
38 Neh 4:14-21
39 Edersheim 1886, deel 1, bl 438-439; Luk 7:3; 13:14; Hand 13:15
40 Matt 26:59; Mark 15:1; Hand 22:5
41 Eks 1:11; 2:14; 5:6, 14-16
42 Eks 24:1; Num 11:16
43 Eks 24:1; Num 11:16
44 Eks 18:21-26; Deut 1:12-17
45 Josua 20:4
46 1 Sam 8:4-5; 2 Sam 3:17; 5:3; 19:11; 2 Kon 10:5
47 Jes 3:14; 9:13-15; Eseg 9:6
48 Jer 23:1-4; Eseg 34; vgl Jes 3:14; Jer 26:10; 1 Kon 21:8,11; 2 Kon 10:1, 6, 7; Klaagl 1:19
49 Luk 22:66
50 Hand 6:12 ev
51 Joh 9:22, 34-35; 12:42
52 Matt 18:18; 16:19
53 Num 11:16; vgl Deut 1:15; 16:18; 29:10; 31:28; Jos 8:33; 23:2; 24:1
54 Deut 31:10-13
55 Neh 8:14-19
56 Matt 13:52
57 1 Tim 5:17
58 Joh 13:13
59 Ef 4:11 
60 1 Tim 2:12
61 Mark 6:34 
62 Hand 20:28-31