AFD 6. DIE OPDRAGTE AAN MANS AS DIAKENS
Soos die amp van ouderling, lê die amp van diakens as leiers van die gemeente se armsorg ook op die weg van die broeders. Aandag word gegee aan: (1) die oorsprong van diakonale sorg, (2) die apostels en die gemeente bedien die tafels, (3) die apostels dra van hulle take aan die diakens oor, (4) diakens is wyse manne en leiers en (5) verwarring tussen diakens, Leviete en susters.
6.1 Die oorsprong van diakonale sorg
Dat die diakenamp afgelei is uit die amp van oudstes blyk uit die oorsprong van die diens van barmhartigheid. Die bron is die HERE wat barmhartig en genadig is. 1sinonieme woordpaar in Eks 34:6 + 10 x. Woordpare met sino-nieme du iop beklem-toning en uitbreiding na alle soortgelyke sake aan. Daarom bepaal Hy in sy verbond die kwytskelding van skuld in die sabbatsjaar, 2Deut 15:2 die reg van vreemdeling, wees en wedu-wee 3sinonieme woordpaar in Eks 22:22 + 29 x om te deel in die grondbesitters se graanoes, olyfoes, en druiwe-oes 4Deut 24:19-21 en in die vreugde en oorvloed van die Pinksterfees en die Loofhuttefees. 5Deut 16:11,15 Verder moes elke derde jaar die tiendes plaaslik aan die Leviet, vreemdeling, weduwee en wees gegee word. 6Deut 26:12-13 Die Israeliete moes hulle hand wyd oopmaak 7Deut 15:10-11 vir ellendiges en behoeftiges, 8sinonieme woordpaar in Deut 15:11 + 25 x soos Job, 9Job 31:16-23 Boas, 10Rut 2:8-9 Abigaïl, 111Sam 25:18, 27 die Sunami-tiese 122 Kon 4:9-10 en die gelowige huisvrou in Spr 31:20 gedoen het.
Israel moes reg doen aan die ellendiges in hulle midde. En as dit nie gebeur nie, kan die behoeftiges hulle beroep op die regters, die oudstes in die poort. 13Deut 16:13-18 In Jes 1 word die oudstes owerstes van Sodom genoem en die inwoners van Juda en Jerusalem volk van Gomorra, onder meer omdat hulle geen reg doen aan die wees en die regsaak van die weduwee nie behandel nie. 14Jes 1:10, 17, 23; vgl Luk 18:1-5 Oor die slegte herders (oudstes) wat die arm skape nie versorg nie, spreek Eseg 34 die oordeel uit. En ook oor die skape (volk) wat die ander swak en maer skape (behoeftiges) met skof en skouer wegdruk en hulle drinkwater vertroebel.
6.2 Die apostels en die gemeente bedien die tafels
Grieks διακονος ‘diaken, dienaar’, διακονεω ‘(be)dien’ en διακονια ‘bediening’ word saam ongeveer honderd keer gebruik, onder meer om bediening met voedsel en drank aan te dui. Petrus se skoonmoeder het dadelik na Jesus haar genees het, Hom en die apostels bedien. 15Mark 1:31 ‘n Huisheer verwag van sy slaaf om aandete klaar te maak en hom aan tafel te bedien. 16Luk 17:8
Behoeftiges wat bely het dat Jesus die Christus is, is uit die sinagoge geban 17Joh 9:22; 12:42 en het die Joodse armsorg verloor: ‘n daaglikse bakkie met brood, boontjies en vrugte en moontlik ook ‘n weeklikse mandjie met kos en klere. 18Jeremias 1969:131 Die gemeente het toe met mekaar gedeel, grond en huise verkoop en die opbrings aan die voete van die apostels neergelê as leiers van die armsorg. 19Hand 4:32-5:2
Die apostels was verantwoordelik vir die “bediening van die Woord” én vir die “bediening van die tafels,” 20Hand 6:2,4 dit is om leiding te gee aan die susters en broeders wat gesorg het vir gesamentlike maaltye waartydens blykbaar ook die “bakkies” en “mandjies” uitgedeel is. Vermaak 21In die Skriflig, 35 (4) 2001: 587 het die saam-eet ondersoek en konkludeer: “Wanneer gelowiges in Hand 2:42 saameet, voer hulle nie ‘n nuwe gebruik in nie. Hulle is besig om ‘n bestaande Joodse gebruik voort te sit …”
6.3 Die apostels dra van hulle take aan diakens oor
Die Grieks-sprekende weduwees is by die daaglikse bediening oor die hoof gesien en hulle het gekla by die apostels (as regters). Toe is bepaal dat die apostels sal volhard in die gebed en die bediening van die Woord en dat sewe diakens die bediening van die tafels moet lei. 22Hand 6:1-6 Opmerklik is die verskil tussen twaalf en sewe. Elke apostel/oudste het nie sy eie diaken gehad nie en daar was nie een ouderling en een diaken per wyk nie. Opvallend is ook net sewe diakens vir ‘n gemeente van ongeveer 5 000 mans plus vroue en kinders. 23Hand 4:4
6.4 Diakens is wyse manne en leiers
Uit bogenoemde is al duidelik dat die leiding vir armsorg by manlike leiers en die gemeente berus. Dat die diakens manne is, blyk nog duideliker uit Hand 6:3: Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid. Dit word herhaal in 1 Tim 3:12: Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huise goed regeer.
6.5 Verwarring tussen diakens, Leviete en susters
In die Roomse en ander kerke word diakens gesien as ‘n voortsetting van die Leviete. Maar die priesterskap is vernuwe en oorgedra aan al die broeders en susters (sien afd 9.2). Dit sluit die diens van die Leviete in. Die priesters en Leviete het saam die plek van die eersgeborenes ingeneem. 24Num 3:39, 43-48 Die belofte in Jes 61:6 verwys na priesters en dienaars. Die dienaars is priesters 252 Κron 13:10; Νeh 10:36,39; Jes 61:6; Eseg 44:19; 45:4; Jοël 1:9,13; 2:17 en Leviete. 261 Κron 6:32; 16:4; 2 Κron 23:6; Εseg 44:11; 45:5,6
In ander kerke word met ‘n beroep op veral Rom 16:2, 1 Tim 3:11 en 1 Tim 5:9-10 beweer dat vroue diakens kan word. Hieronder word dié drie tekste aangehaal uit die Direkte proefvertaling saam met die bevindings wat Sinode 2003 van die GKSA 27Handelinge van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, 2003: 574, 577, 579 goedgekeur het.
Rom 16:1-2. Ek beveel ons suster Febe by julle aan wat ‘n dienares [of diakones] in die gemeente van Kenchreë is. Ontvang haar in die Here, soos dit die heiliges betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy julle nodig mag kry. Sy was ‘n ware weldoener vir baie mense en ook vir my. Bevinding: “Daar kan nie op grond van Rom 16:1-2 met absolute sekerheid gesê word of Fébé in die besondere diens van diaken gedien het of nie.”
1 Tim 3:11. In ‘n gedeelte oor diakens staan: Net so moet vroue waardig wees, nie skindertonge nie, sober, betroubaar in alles. Bevinding: “Dit is nie moontlik om met sekerheid te sê of “die vroue” hier na vroulike diakens, of na vroue van diakens, of na vroue wat diakonale diens saam met diakens verrig het, verwys nie.”
1 Tim 5:9-10. Laat ‘n weduwee op die dienslys geplaas word as sy nie jonger as sestig jaar is nie en die vrou van een man was, as daar van haar goeie werke getuig word en as sy kinders grootgemaak het, as sy gasvryheid verleen het, as sy die voete van heiliges gewas het, as sy verdruktes bygestaan het, as sy haar toegespits het op elke goeie werk. Bevinding: “Hierdie besondere taak van die weduwees hou verband met diakonale werksaamhede en veral met die versorging van weduwees.”
Die bestudering van hierdie drie tekste kon geen algemeen aanvaarde gevolgtrekkings bied oor vroulike diakens nie. Twee moontlike antwoorde op die vraag of vroue diakens kan word, is:
(1) Die Skrif plaas geen verbod op vroue in die amp van diakens nie en daarom kan vroue as diakens bevestig word. Dié antwoord ignoreer (a) die rol van oudstes in die Ou Testament by die armsorg, (b) die aanvanklike leiding van die apostels vir die “tafels,” (c) die manlike diakens in Hand 6 en 1 Tim 3 en (d) dit verlaag die Skrif tot gebod op gebod en reël op reël. 28Jes 28:10
(2) Volgens die Skrif is diakens mans. Dit blyk uit die vergelyking van die onduidelike tekste met die duidelike tekste. Greydanus, 291946, bl 140 , formuleer dit só (vertaal): “Wanneer iets in die Heilige Skrif duister is, moet ons vir die verklaring daarvan uitgaan van dit wat daaroor elders helderder geopenbaar is.” Hand 6 en 1 Tim 3 sê duidelik dat diakens mans is. Ook is dit glashelder dat die hele gemeente, broeders en susters, hulle hand wyd moet oopmaak vir die behoeftiges. Dit verklaar die verwysings na susters wat van harte diakonale werk verrig het, soos Dorkas 30Hand 9:36 en Febe. 31Rom 16:1
Die leiding vir die sorg van behoeftiges was aanvanklik ‘n onderdeel van die oudstes en apostels se ampte. In die eerste gemeente is dit oorgedra aan manlike diakens. Die opdrag aan alle broeders en susters om hulpbehoewendes te ondersteun, is van harte uitgevoer deur susters soos die gelowige huisvrou in Spr 31 en Dorkas en Febe in die Nuwe Testament. |
Bybelgegewens wat telkens opduik in die gesprek oor die gelykheid van man en vrou is –
Afd 7: Debora as profetes en rigter in Rigt 4:4
Afd 8: mans en vroue wat profeteer in 1 Kor 11:4-5
Afd 9: mans en vroue as profete, priesters en konings in Sondag 12
Afd 10: “daar is nie meer man en vrou nie” in Gal 3:28
Voetnote
↑1 | sinonieme woordpaar in Eks 34:6 + 10 x. Woordpare met sino-nieme du iop beklem-toning en uitbreiding na alle soortgelyke sake aan. |
---|---|
↑2 | Deut 15:2 |
↑3 | sinonieme woordpaar in Eks 22:22 + 29 x |
↑4 | Deut 24:19-21 |
↑5 | Deut 16:11,15 |
↑6 | Deut 26:12-13 |
↑7 | Deut 15:10-11 |
↑8 | sinonieme woordpaar in Deut 15:11 + 25 x |
↑9 | Job 31:16-23 |
↑10 | Rut 2:8-9 |
↑11 | 1Sam 25:18, 27 |
↑12 | 2 Kon 4:9-10 |
↑13 | Deut 16:13-18 |
↑14 | Jes 1:10, 17, 23; vgl Luk 18:1-5 |
↑15 | Mark 1:31 |
↑16 | Luk 17:8 |
↑17 | Joh 9:22; 12:42 |
↑18 | Jeremias 1969:131 |
↑19 | Hand 4:32-5:2 |
↑20 | Hand 6:2,4 |
↑21 | In die Skriflig, 35 (4) 2001: 587 |
↑22 | Hand 6:1-6 |
↑23 | Hand 4:4 |
↑24 | Num 3:39, 43-48 |
↑25 | 2 Κron 13:10; Νeh 10:36,39; Jes 61:6; Eseg 44:19; 45:4; Jοël 1:9,13; 2:17 |
↑26 | 1 Κron 6:32; 16:4; 2 Κron 23:6; Εseg 44:11; 45:5,6 |
↑27 | Handelinge van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, 2003: 574, 577, 579 |
↑28 | Jes 28:10 |
↑29 | 1946, bl 140 |
↑30 | Hand 9:36 |
↑31 | Rom 16:1 |