AFD 7. DEBORA AS PROFETES EN RIGTER IN RIGT 4:4-5
Al dikwels is met ‘n beroep op Debora gestel dat vroue ouderlinge en predikante kan word. Sy was ‘n profetes en het Israel gerig, 1Rigt 4:4-5 dit is regspraak gehou en gelei. Moses 2Eks 18:16, 26 en Samuel 31 Sam 3:20; 7:15-17 was ook profete en rigters. Die antwoord dat profetesse maar net uitsonderings is op die reël dat profete mans is, bevredig nie. Eerder moet bedink word dat God enige mens as profeet kan roep. By 1 Sam 19:18-24 skryf KD: “Prophesying … was a gift of God which He communicated according to His free will to whomsoever He would.” Mense wat profeteer is onder meer –
- ouer mense (Abraham en Moses) 4Gen 20:7; Hand 7:23, 30 en jonger mense (Samuel en Jeremia) 51 Sam 3:8; Jer 1:6
- mense uit enige stam (bv Elia uit Gilead; Jona uit Sebulon; en Amos uit Juda) 61 Kon 17:1; 2 Kon 14:25 + Jos 19:13; Amos 1:1 + Jos 15:59 in LXX
- mans (Hosea en Jesaja) 7Hos 1:2; Jes 6:5; 8:3 en vroue (Mirjam, Debora en Hulda) 8Eks 15:20; Rigt 4:4; 2 Kon 22:14
- in enige beroep: herder (Moses), 9Eks 3:1; Amos 7:14 landbouer (Elisa) 101 Kon 19:19 en priester (Jeremia en Esegiël) 11Jer 1:1; Eseg 1:3
- geleerdes (Moses en Paulus) 12Hand 7:22; 13:1; 22:3 en ongeleerdes (Amos en Johannes) 13Amos 7:14; Hand 4:13; Openb 1:1-3
- gelowiges (bogenoemdes) en ongelowiges (Bileam, Saul, Nego en Kajafas) 14Num 23:5, 16; 24:2, 16; 31:16; 1Sam 10:6, 11-13; 2Kron 35:21-22; Joh 11:49-51
Dat die Here enigeen as profeet kan roep, is die basis van Moses se wens in Num 11:29: Ag, as die hele volk van die Here maar profete was. In Joël 2:18 verander Moses se gebed in ‘n belofte: Ek sal my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer. Dié belofte is vervul toe al die eerstelinge van die gemeente in Jerusalem in verstaanbare tongetaal geprofeteer het. 15Hand 2:4, 11, 17 En net so die eerstelinge van die gemeentes in Samaria, Cesarea en Efese. 16Hand 8:17; 10:46; 19:6 In 1 Kor 14:1 en 39 roep die Here elke broeder en daarmee al sy huisgenote 17Jos 24:15 op om hulle te beywer om te profeteer. Die besondere amp van die profete is opgeneem in die algemene amp van Christen. Maar het die profetiese amp dieselfde gebly?
Die profetiese take het twee keer verander in die verbondsgeskiedenis. Onder Samuel is die rigterskap van die profete oorgedra aan konings. Dit word in die res van hierdie afdeling bespreek. Die tweede verandering is dat die ontvangs van die Here se boodskappe uit die hemel tot ‘n einde gekom het by die afsluiting van die kanon, die Skrif. Dit kom in die volgende afdelings ter sprake.
Toe Samuel oud geword het, het al die oudstes van Israel hom gevra: Gee ons ‘n koning om ons te rig soos by al die nasies. 18Hand 13:20 Dit is ‘n vraag met ‘n verkeerde motief: hulle wil ‘n koning hê soos al die nasies, dus los van God, los van die verbond. Samuel keur dit af. Volgens die verbond is Jahwêh hulle Koning. Hulle verbreek die verbond. Die motief is verkeerd, maar die saak was al voorsien in Deut 17:14-20. Daarom sê die Here vir Samuel: Luister na hulle, jy moet hulle net ernstig waarsku. Dit loop uit op ‘n vernuwing van die verbond 191 Sam 11:14; Vannoy, bl 81 waartydens Saul amptelik as eerste koning ingehuldig is, 201 Sam 11:15; Vannoy, bl 88 of beter, as onderkoning, as vasal van die Groot-Koning. Die vasal moet na die boodskappe van die Groot-Koning se profete luister. 211 Sam 13:13-14; Vannoy, bl 59 Die rigterskap word voortgesit in die koningskap.
Van hier af is daar nie meer rigters nie 22Hand 13:20 en ook nie meer ‘n rigtertaak vir profete en profetesse nie. Samuel bly profeet. As profeet hou hy nie op om vir die volk te bid en in die goeie en regte weg te onderrig nie. 231 Sam 12:23; vgl Jer 42:2-4. Die beroep op die rigterskap van Debora ignoreer die verbondsgeskiedenis.
Die rigterskap van profete/esse soos van Moses, Debora en Samuel het verval by die vernuwing van die verbond toe Saul as eerste koning van Israel gesalf is. Profete/esse is nie meer regters/leiers nie, maar bly boodskappers tussen God en sy volk in die ou verbond soos Hulda en Jesaja. |
Voetnote
↑1 | Rigt 4:4-5 |
---|---|
↑2 | Eks 18:16, 26 |
↑3 | 1 Sam 3:20; 7:15-17 |
↑4 | Gen 20:7; Hand 7:23, 30 |
↑5 | 1 Sam 3:8; Jer 1:6 |
↑6 | 1 Kon 17:1; 2 Kon 14:25 + Jos 19:13; Amos 1:1 + Jos 15:59 in LXX |
↑7 | Hos 1:2; Jes 6:5; 8:3 |
↑8 | Eks 15:20; Rigt 4:4; 2 Kon 22:14 |
↑9 | Eks 3:1; Amos 7:14 |
↑10 | 1 Kon 19:19 |
↑11 | Jer 1:1; Eseg 1:3 |
↑12 | Hand 7:22; 13:1; 22:3 |
↑13 | Amos 7:14; Hand 4:13; Openb 1:1-3 |
↑14 | Num 23:5, 16; 24:2, 16; 31:16; 1Sam 10:6, 11-13; 2Kron 35:21-22; Joh 11:49-51 |
↑15 | Hand 2:4, 11, 17 |
↑16 | Hand 8:17; 10:46; 19:6 |
↑17 | Jos 24:15 |
↑18 | Hand 13:20 |
↑19 | 1 Sam 11:14; Vannoy, bl 81 |
↑20 | 1 Sam 11:15; Vannoy, bl 88 |
↑21 | 1 Sam 13:13-14; Vannoy, bl 59 |
↑22 | Hand 13:20 |
↑23 | 1 Sam 12:23; vgl Jer 42:2-4. |