Die verbondsopdragte aan man en vrou

AFD 8.  MANS EN VROUE WAT PROFETEER IN 1 KOR 11:4-5

1 Kor 11:4-5 leer dat mans en vroue bid en profeteer.  Baie verklaarders meen hulle bid en profeteer in die eredienste en dat daarom vroue ook kerklike ampte kan beklee.  Maar dit strook nie met die opdrag dat vroue in die gemeente moet swyg nie. 11 Kor 14:34; 1 Tim 2:12

Grosheide merk op dat 1 Kor 11:2-16 nêrens na eredienste verwys nie en dus nie in stryd is met die swyg van vroue in die eredienste nie.  Hy meen die perikoop handel oor vroue se optrede in ander publieke vergaderings, maar dit staan nie daar nie.  Die perikoop handel oor die verhouding tussen Christus-en-man-en-vrou.  Ef 5:22-33 handel ook oor die verhouding tussen vrou-en-man-en-Christus en daarna volg die pligte van kinders en vaders, slawe en here.  Dit herinner aan die ander huis-tafels in Kol 3:18 – 4:1 en 1 Petr 2:19 – 3:7.

Die gedagte dat 1 Kor 11:2-16 oor byeenkomste van die gemeente handel kom uit die volgende peri­koop, uit 11:17, 18, 20 en 33, waar sprake is van die “saamkom” van die gemeente.  Paulus onderskei tussen optrede by die huis en in die gemeente. 21 Kor 11:22, 34; 14:35  Dit lei tot die volgende verde­ling: 1 Kor 10:23-11:1 handel oor die verhoudinge in die samelewing, 11:2-16 oor die verhouding tussen man en vrou by die huis en 11:17-34 oor die verhoudinge in die gemeente.

Die vryheid, alles is my geoorloof, 31 Kor 10:23  hef die geskape verhouding tussen man en vrou nie op nie, ook nie by bid en profeteer nie.  Inteendeel, juis by bid en profeteer moet die verhouding tussen hulle goed wees sodat julle gebede nie verhinder mag word nie. 41 Petr 3:7   Die tema van 1 Kor 11:2-16 is dieselfde as in 1 Petr 3:1-7.  Om tuis jou vrou aanhoudend te verkleineer of jou man se leiding gedurig te verwerp, bots met tuis saam bid en tuis saam oor die Here se Woord praat.

Die liefde tot God moet blyk uit die verhouding tot mekaar.  Om tuis te bid is om God tuis te loof en te smeek in hardop gebede.  Om tuis te profeteer is om die Woord wat in die samekomste van die gemeente ontvang is by die huis aan kinders en ander oor te dra. 5Deut 6:6-9   Die vrou kan byvoorbeeld haar man by die huis uitvra oor die “preek” in die erediens. 61 Kor 14:35   Hulle ontvang die Woord deur –

  • by die samekomste 7Hebr 10:25 te luister na apostels, 8Hand 8:14   openbarings-profete, 9Hand 11:27; 15:32-33;  1 Kor 14:30  leraar/s en ouderlinge 10Hand 14:23; 20:17, 28-30; 1 Kor 12:28-29; Ef 4:11; 1 Tim 5:17
  • die rolle van die Ou Testament te ondersoek 11Hand 17:11 en die briewe van die apostels 12Kol 4:16; 1 Thes 5:27; 1 Kor 5:9 
  • saam Psalms en Skrif-liedere te sing 13Hand 11:25; Efes 5:19; Kol 3:16; Jak 5:13

Dit is nie net Pa wat tuis moet bid en profeteer nie, Ma ook.  Dink aan Lidia, die purper-verkoopster, wat blykbaar alleen haar kinders grootgemaak het 14Hand 16:14-15  en aan Aquila en Priscilla wat by die huis aan Apollos die Weg van God noukeuriger uitgelê het. 15Hand 18:26  Tydens hulle lang verblyf in die huis van Filippus het die geselskap van Paulus die profeterende dogters van Filippus leer ken. 16Hand 21:8-10; vgl Hand 8:35  Die ongeveinsde geloof van grootmoeder Loïs en van moeder Eunice is voortgesit in Timotheus. 172 Tim 1:5  Die optrede teenoor ander buite die huis word bespreek in 1 Kor 10:23-33.

Man en vrou bid en profeteer by die huis deur die Woord te leer ken by die samekomste van die gemeente en aan mekaar en die ander huisgenote oor te dra.

Voetnote

Voetnote
1 1 Kor 14:34; 1 Tim 2:12
2 1 Kor 11:22, 34; 14:35
3 1 Kor 10:23
4 1 Petr 3:7
5 Deut 6:6-9
6 1 Kor 14:35
7 Hebr 10:25
8 Hand 8:14 
9 Hand 11:27; 15:32-33;  1 Kor 14:30
10 Hand 14:23; 20:17, 28-30; 1 Kor 12:28-29; Ef 4:11; 1 Tim 5:17
11 Hand 17:11
12 Kol 4:16; 1 Thes 5:27; 1 Kor 5:9 
13 Hand 11:25; Efes 5:19; Kol 3:16; Jak 5:13
14 Hand 16:14-15
15 Hand 18:26
16 Hand 21:8-10; vgl Hand 8:35
17 2 Tim 1:5