AFD 9. MANS EN VROUE AS PROFETE, PRIESTERS EN KONINGS IN SONDAG 12
Volgens Sondag 12 van die Heidelbergse Kategismus het Christene 1Hand 11:26, 26:28; 1 Petr 4:16; Christene = mense van Christus. deel aan die salwing van Christus as Profeet, Priester en Koning. Dit is al aangegryp as motief vir vroue as kerklike ampsdraers. Christene se take is egter nie presies dieselfde as van die profete, priesters en konings in die Ou Verbond nie. Christene is (1) Skrif-profete, (2) nuwe priesters en (3) kandidaat-konings.
9.1 Skrif-profete
Om te onderskei is die terme “openbarings-profete” en “Skrif-profete” gebruik. Floor, 2009, praat van openbarings-profete en gemeente-profete. Openbarings-profete is bv Moses, Debora, Jesaja en Johannes die Doper. Skrif-profete verskil op minstens vier maniere van openbarings-profete.
Eerstens: Die hele gemeente, nie net ‘n paar nie, is geroep om te profeteer (1 Kor 14:1, 39). Wat beteken profeteer? In Hebreeus het profeteer volgens BDB twee betekenisse: (a) “prophesy in the ecstatic state” en (b) “prophesy the word of Yahweh.”
Voorbeelde van “ekstaties profeteer” skep die indruk dat dit onverstaanbare tongetaal is waarmee ‘n verstaanbare boodskap van die Here bevestig is. By ekstaties profeteer word nie meegedeel WAT gesê is nie, maar net DAT hulle geprofeteer het deur die Gees. By Pinkster was die tongetaal verstaanbaar. In Korinthe was dit nie die geval nie. 21 Kor 14:6-19
- In Num 11:17 belowe die Here in verstaanbare taal dat Hy die 70 manne met sy Gees sal bekwaam om die las van Moses te help dra. Hierdie belofte word bevestig toe die 70 oudstes net vir ‘n rukkie (ekstaties) geprofeteer het. 3Num 11:25
- Samuel verkondig die woord van God aan Saul dat die Here hom as koning gesalf het. Om dié verstaanbare belofte te bevestig sal Saul verskeie tekens ontvang, onder meer dat hy ‘n rukkie saam met ‘n groep profete (ekstaties) sal profeteer. 41 Sam 10:5-12
- Samuel sê aan Saul dat die Here ‘n ander man gesoek en aangestel het as vors. 51 Sam 13:13-14 Die boodskap is bevestig toe Saul se boodskappers drie keer misluk het om Dawid te vang. Die Gees het hulle telkens (ekstaties) laat profeteer saam met ‘n groep profete en ten slotte vir Saul self ook. 61 Sam 19:20-24
- In die Nuwe Testament is een van die tekens wat die verkondigde verstaanbare Woord bevestig het, die spreek in nuwe tale. 7Mark 16:17, 20
Die tweede betekenis “om die Woord van Jahweh te verkondig,” is om die boodskap in verstaanbare taal aan ander oor te dra. In die Ou Testament veronderstel dit gewoonlik dat die profeet eers die bepaalde woord, gesig of droom van God ontvang het (bv Jer 26:1-2). Een uitsondering is 1 Kron 25:2. Daar staan letterlik in die grondteks ‘die een wat profeteer‘ wat die 1953 Vertaling weergee met ‘wat besield gespeel het’ en die Direkte proefvertaling met ‘hulle wat geesdriftig moes speel’ saam met die voetnoot: Kan ook vertaal word: “wat as profete moes optree.” Die hulle is die Leviete wat geskrewe Psalms ontvang het en in die tempel met musiekbegeleiding moes sing: loof en prys die Here, asook: dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is. 81 Kron 25:3; vgl 1 Kron 16:4, 7, 41; 23:30; 2 Kron 5:12-13; 7:3, 6; 20:21; 31:2; Esra 3:11; Neh 12:24; Ps 100:5; 106:1; 107:1; 118:1-4, 29; 136:1-26; Jer 33:11 As die gemeente liedere uit die Skrif sing (nie liedere uit eie hart nie), dan profeteer almal, mans en vroue en kinders. 9vgl Ps 8:3; Matt 21:15-16
In 1 Kor 14:3 gee Paulus ‘n uiteensetting van wat hy met die Skrif-profete se profeteer in 14:1 en 39 bedoel. Om te profeteer is om woorde te spreek (i) wat opbou in die leer (soos die verbond), (ii) wat vermaan 10Soos in die Statebybel en BVA, vgl 1 Tim 4:13; Hebr 12:5; 13:22 (met verbonds-bedreigings) en (iii) wat vertroos (met verbonds-beloftes). Dit is wat alle predikante, ouderlinge, diakens en Christene moet doen binne die grense van elkeen se roeping.
Dit is nie ons gewoonte vandag om ‘n Skrifgetroue preek, boodskap van ‘n ouderling of diaken, of huisgodsdiens, of die sing van psalms “profeteer” te noem nie. Sondag 12 doen dit ook nie. Ons gebruik woorde soos “bely” en “verkondig.” Dit vermy die wanindruk dat ons onsself as openbarings-profete voorgee wat die Woord direk van God ontvang.
Tweedens: Vandag ontvang Christene die woord uit die Skrif en nie meer uit die mond van God nie. Valse profete veins dat hulle woorde direk van God ontvang is, 111 Kon 22:24; Jer 23:16-18; Matt 24:24 of dat hulle die Skrif naspreek, terwyl hulle dit verdraai. 122 Petr 3:16 Hulle woorde moet aan die Skrif getoets word. 13Deut 13:1-3; Rom 12:7; 1 Kor 14:32; 1 Joh 4:1
Derdens: Die inhoud van die boodskap is meer, ryker as die boodskap van die openbarings-profete. Skrif-profete verkondig die vervulling van die wet in Christus. Hy is meer as Jona, meer as Salomo. 14Matt 12:41-42
Vierdens: Die Skrif-profete se verkondiging word vandag nie meer bevestig met tongetaal, gebeds-genesing en ander tekens-en-wonders, soos tydens Moses 15Eks 7:3; Deut 4:34; 6:22; 7:19; 26:8; 34:11; Neh 9:10; Ps 78:43; 105:27; 135:9; Jer 32:20-21; Hand 7:36 en die apostels nie. 16Mark 16:17-20; Hand 2:19, 43; 4:30; 5:12; 6:8; 8:6; 9:36-42; 10:44-46; 14:3; 15:12; 19:6, 11-12; Rom 15:19; 1 Kor 12;10, 30; 14:2-27, 39; 2 Kor 12:12; Hebr 2:4
Die apostoliese tyd, die 40 jaar tussen Pinkster in die jaar 30 en die verwoesting van Jerusalem in die jaar 70, is ‘n besondere periode met buitengewoon baie openbarings (die hele Nuwe Testament), baie getuies van Jesus se opstanding, baie tongetaal en ander bevestigende tekens en wonders. Dit is die tydperk van genade vir die Jode om hulle te bekeer en vir die stigting van nuwe gemeentes wat die Christus bely. In dié tyd het die openbarings-profete en die Skrif-profete nog langs mekaar bestaan en het Christene uit die Jode nog bepaalde wette en die tempeldiens onderhou, terwyl die Christene uit die heidene daarvan vrygestel is. 17Hand 21:24-25; van der Waal, 1990: 96-98, 151-155 en Calyn op Mark 16:17 Aan die einde van die veertig jaar is die tempel verwoes en die Skrif afgesluit. Van al die bevestigende tekens, wonders en seremonies by die Woord 18Calvyn, Institusie D, xiv, 18, noem dit sakramente het volgens die bevel van Christus net twee oorgebly: die tekens van doop en nagmaal.
Volgens BVA is al die boeke van die Nuwe Testament voor 70 nC geskryf, maar dié van Johannes eers in 90 tot 95. Het Johannes werklik 60 jaar (!) gewag met sy Evangelie? Dit is ongeloofwaardig en plaas vraagtekens agter die laat daterings van sy ander geskrifte. Geloofwaardiger is dat hy as ‘n betroubare getuie 19Joh 21:24 sy Evangelie geskryf het gou na die uitstorting van die Heilige Gees. 20Joh 14:26 Uit die talle verwysings na die tempeldiens lei Edersheim af “that the Book of Revelation and the Fourth Gospel must have been written before the Temple services had actually ceased.” 211874:141; Vgl verder van der Waal, 1971b:18-23 en 1977:86-96
9.2 Nuwe priesters
Die eenmalige soenoffer van die Priester volgens die orde van Melgisedek het die priesteramp volgens die orde van Aäron verander in ‘n nuwe priesterskap vir alle Christene.
Die belofte dat almal priesters en dienaars van God sal word in Eks 19:6 en Jes 61:6 is vervul toe Christus met sy eie bloed voor God verskyn het 22Hebr 9:24-28 om ons onberispelik voor Hom te kan stel 23Kol 1:19-23 in ampsklere wat wit gewas is in die bloed van die Lam. 24Openb 7:14
Die nuwe priesterskap is nie meer beperk tot die manlike nageslag van Levi en Aäron nie. Julle egter is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom (1 Petr 2:9; Direkte proefvertaling). 25en sien 1 Petr 2:5; Openb 1:6; 5:10 Die nuwe priesters offer hulleself as lewende dankoffers 26Rom 12:1 in navolging van die Lam van God. 27Openb 5:6 Hulle offers is gebede, 28Openb 5:8 lofpsalms, 29Rom 15:11, 16; Hebr 13:15 weldadigheid, 30Hebr 13:16 barmhartigheid, 31Matt 9:13; 12:7 bydraes, 32Hand 24:17; 2 Kor 9:5; Filip 4:18 liefde tot die naaste, 33Mark 12:33 en eie bloed. 34Hand 7:59; 12:2; Filip 2:17; 2 Kor 11:23-28; Openb 6:10 Hulle offer nie meer in die tempelgebou in Jerusalem nie, maar daar waar die Here dit vra en veral in die gemeente van God, 35Hand 4:34, 37; 5:2; 2 Kor 9:5; Gal 6:10 dit is die huis, 361 Tim 3:15; Hebr 3:6 die tempel, 371 Kor 3:16-17; Ef 2:21 die gebou 381 Kor 3:9; Ef 2:21 van God.
Die priesterskap van Aäron het in die apostoliese tyd tot naby die verdwyning gekom (Hebr 8:13). Dit het saam met die diens van die Leviete opgehou toe die tempel verwoes is. Die nuwe priesterskap duur egter voort en kom tot volle ontplooiing op die nuwe aarde. 39Openb 20:6
9.3 Kandidaat-konings
In Dan 7:18, 22 en 27 is belowe dat die verbondsvolk, die heiliges van die Allerhoogste, die koningskap sal ontvang en later dat ons saam met Christus sal regeer (2 Tim 2:12; Matt 25:34).
Die belofte is nie beperk tot ‘n paar manlike enkelinge nie, maar is toegesê aan die hele verbonds-volk en sal vervul word op die nuwe aarde. βασιλευω ‘as koning regeer’ het steeds betrekking op die lewe na die wederkoms. 40Rom 5:17; Openb 5:10; 20:4, 6 en 22:5, vgl 2 Tim 2:12; van der Waal, 1981: 55-56; 149-50 Paulus spot met hulle wat nou al as konings wil regeer: Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword, sonder ons het julle as-konings-geheers. Het julle tog maar as-konings-geheers, sodat ons saam met julle as-konings-kon-heers! (1 Kor 4:8).
Ons sit nog nie op trone nie (Luk 22:30). Vandag is die broeders en susters nog kandidaat-konings, stryders, soldate in die leër van die Koning van die konings, maar soldate met die belofte, die aanstellingsbrief in hulle rugsak, dat hulle konings sal word wat hierna met Christus sal regeer. 41Sondag 12; Openb 20:6 Die kandidaat-konings se taak is nie om met die swaard oorlog te voer teen vlees en bloed nie, 42Joh 18:11; 2 Kor 10:3-5 maar om te stry teen die bose geeste in die lug met die wapenrusting van God. 43Ef 6:10-20 Dit sluit nie uit dat ‘n gelowige polisieman of soldaat die swaard van die owerheid moet hanteer nie.
Die take van elke Christen, man en vrou, is om as ‘n Skrif-profeet die geskrewe Woord uit te dra, as ‘n nuwe priester hom- of haarself op te offer vir diens aan die Here en as ‘n kandidaat-koning te stry teen die sonde en die duiwel, elkeen binne die roeping waarmee hy of sy geroep is. |
Voetnote
↑1 | Hand 11:26, 26:28; 1 Petr 4:16; Christene = mense van Christus. |
---|---|
↑2 | 1 Kor 14:6-19 |
↑3 | Num 11:25 |
↑4 | 1 Sam 10:5-12 |
↑5 | 1 Sam 13:13-14 |
↑6 | 1 Sam 19:20-24 |
↑7 | Mark 16:17, 20 |
↑8 | 1 Kron 25:3; vgl 1 Kron 16:4, 7, 41; 23:30; 2 Kron 5:12-13; 7:3, 6; 20:21; 31:2; Esra 3:11; Neh 12:24; Ps 100:5; 106:1; 107:1; 118:1-4, 29; 136:1-26; Jer 33:11 |
↑9 | vgl Ps 8:3; Matt 21:15-16 |
↑10 | Soos in die Statebybel en BVA, vgl 1 Tim 4:13; Hebr 12:5; 13:22 |
↑11 | 1 Kon 22:24; Jer 23:16-18; Matt 24:24 |
↑12 | 2 Petr 3:16 |
↑13 | Deut 13:1-3; Rom 12:7; 1 Kor 14:32; 1 Joh 4:1 |
↑14 | Matt 12:41-42 |
↑15 | Eks 7:3; Deut 4:34; 6:22; 7:19; 26:8; 34:11; Neh 9:10; Ps 78:43; 105:27; 135:9; Jer 32:20-21; Hand 7:36 |
↑16 | Mark 16:17-20; Hand 2:19, 43; 4:30; 5:12; 6:8; 8:6; 9:36-42; 10:44-46; 14:3; 15:12; 19:6, 11-12; Rom 15:19; 1 Kor 12;10, 30; 14:2-27, 39; 2 Kor 12:12; Hebr 2:4 |
↑17 | Hand 21:24-25; van der Waal, 1990: 96-98, 151-155 en Calyn op Mark 16:17 |
↑18 | Calvyn, Institusie D, xiv, 18, noem dit sakramente |
↑19 | Joh 21:24 |
↑20 | Joh 14:26 |
↑21 | 1874:141; Vgl verder van der Waal, 1971b:18-23 en 1977:86-96 |
↑22 | Hebr 9:24-28 |
↑23 | Kol 1:19-23 |
↑24 | Openb 7:14 |
↑25 | en sien 1 Petr 2:5; Openb 1:6; 5:10 |
↑26 | Rom 12:1 |
↑27 | Openb 5:6 |
↑28 | Openb 5:8 |
↑29 | Rom 15:11, 16; Hebr 13:15 |
↑30 | Hebr 13:16 |
↑31 | Matt 9:13; 12:7 |
↑32 | Hand 24:17; 2 Kor 9:5; Filip 4:18 |
↑33 | Mark 12:33 |
↑34 | Hand 7:59; 12:2; Filip 2:17; 2 Kor 11:23-28; Openb 6:10 |
↑35 | Hand 4:34, 37; 5:2; 2 Kor 9:5; Gal 6:10 |
↑36 | 1 Tim 3:15; Hebr 3:6 |
↑37 | 1 Kor 3:16-17; Ef 2:21 |
↑38 | 1 Kor 3:9; Ef 2:21 |
↑39 | Openb 20:6 |
↑40 | Rom 5:17; Openb 5:10; 20:4, 6 en 22:5, vgl 2 Tim 2:12; van der Waal, 1981: 55-56; 149-50 |
↑41 | Sondag 12; Openb 20:6 |
↑42 | Joh 18:11; 2 Kor 10:3-5 |
↑43 | Ef 6:10-20 |